President Cyril Ramaphosa: Economic stimulus and recovery plan
September 28, 2018
My dear Willie and the Ahi Team
November 8, 2018

Terugvoering van Saldanha opleiding:

Goeie Middag AHi Weskaap,

Die opleiding wat in Saldanha oor die afgelope twee dae plaasgevind het, het betrekking.

 

Die Weskus Sakekamer/West Coast Business Chamber wil graag vir Dr Willie Cilliers en sy kollegas wat die afgelope twee dae hier opleiding kom aanbied het van harte bedank vir die goeie werk wat hier gedoen is.

 

Terugvoer vanaf die 11 persone wat die kursus bygewoon het is oorweldigend positief. Die mense weerspieel opgewondenheid oor wat hulle geleer het en ook oor wat hulle nou gaan kan toepas in hulle eie sake ondernemings.

 

Hulle is gretig om die “presentation” wat op 14 November aangebied moet word gereed te kry vir die dag wanneer die oorsese besoekers kom om terugvoering te ontvang oor die aangeleentheid.

 

Ons Sakekamer waardeer die tyd en geld wat hier by ons in ons omgewing se mense bele is. Die geleentheid was dit n reuses sukses en heeltemal die moeite werd vir ons deelnemers wat dors na hierdie soort praktiese bystand om beter te verstaan waar om energie in te sit om n nuwe klein sake onderneming op die been te bring.

 

Indien daar in die toekoms soortgelyke oftewel dieselfde opleiding weer beskikbaar gemaak word, sal ons dit waardeer om ook ingeskakel te word met enige van die programme waar moontlik.

 

Namens die deelnemers en ook die Weskus Sakekamer lede en die Sakekamer Kommittee wil ons hartelike dank aan Dr Willie uitspreek. Ons nooi AHi West Coast/Weskus om asseblief weer terug te kom na ons omgewing en hou ons asseblief ook op julle lysie vir die opleidings kursusse.

 

Groete

Janette