Die Hart van die Overberg Nuusberig
August 31, 2018
Onderwerp: Grondhervorming – U word vriendelik uigenooi na Durbanville Sakekamer / Business se Ledefunksie
September 17, 2018

AHi Wes-Kaap wil help om ekonomiese groei te bevorder

Verklaring deur dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap

Datum: 12 September 2018

Embargo: Geen

 

Die toekoms van ‘n padwedloop wat ‘n bydrae maak tot die plaaslike ekonomie van Laingsburg in die Sentraal-Karoo, is verseker en sal weer aanstaande jaar plaasvind.

Die wedloop, die Karoo-padwedloop,  is die 48 jaar aangebied en het al ‘n instelling geword op die dorp. As gevolg van logistieke redes kan dit nie vanjaar plaasvind nie.

Dr. Willie Cilliers, voorsitter van die AHi Wes-Kaap, sê in ‘n verklaring dat die instansie deur die plaaslike sakekamer genader is om te help verseker dat die wedloop steeds plaasvind.

‘n Vergadering is op 6 September tussen Mike Gouws, die burgemeester van Laingsburg, Andries Hartman, voorsitter van die Laingsburgse-sakekamer, die plaaslike atletiekklub en verteenwoordigers van die AHi Wes-Kaap gehou.

Cilliiers het die geleentheid gebruik  om aanwesiges breedvoerig in te lig oor die rol van ‘n sakekamer in ‘n plaaslike gemeenskap. Hy het uitgespel hoe ‘n sakekamer en ‘n plaaslike owerheid hande kan vat om ekonomiese groei te bevorder en werksgeleenthede kan skep.

Volgens Cilliers het die vergadering in ‘n baie goeie gees plaasgevind en die aanvanklike wantroue wat in sekere opsigte bestaan het, is uit die weg geruim. Daar is besluit om ‘n gesamentlike komitee te stig wat bestaan uit verteenwoordigers van die stadsraad, die munisipaliteit, die plaaslike atletiekklub en die AHi Wes-Kaap.  Die komitee kyk nou na die aanbied van die wedloop aanstaande jaar en ondersoek ook die moontlikheid om saam met die wedloop, ‘n Karoofees, aan te bied. Meer besonderhede sal later bekend gemaak word.

Cilliers sê die aanbied van die wedloop en die moontlikheid van die fees, is ‘n uitstekende voorbeeld hoe geleenthede benut kan word tot die ekonomiese voordeel van ‘n dorp. So ‘n wedloop en fees lok mense van heinde en verre. Dit help nie net die plaaslike ekonomie nie, maar is ook ‘ n toerisme-bemarkingsgeleentheid.

Hy benadruk dit is belangrik dat plaaslike owerhede en sakekamers hande vat. Saam kan hulle ‘n baie belangrike rol speel om te help om ekonomiese volhoubaarheid te vestig en te verseker. Dit is veral belangrik in landelike gebiede waar werksgeleenthede soms skaars is.

Die AHi Wes-Kaap met sy wye netwerk en toegang tot verskeie instansies in die provinsie, help graag in die verband.

Verkaring namens dr. Cilliers uitgereik deur Eugene Gunning. Vir enige vrae/onduidelikhede of/en meer inligting kontak gerus Marile Barnard, AHi Wes-Kaap Kantoorbestuurder by:

Tel:   044-873 5240

Cell:  072 800 5796

E-pos:: info@ahiwp.org.za

Webtuiste: www.ahiwp.org.za